top of page
pexels-lukas-616404.jpg

Bestel Varsgoed

Asset 9.png
vegetables-752153_1920.jpg

Hoe Werk Varsgoed?

Kwaliteit & Maklik

Met Varsgoed kan jy weekliks 'n bestelling plaas uit ons produkte reeks van meer as 50 produkte wat insluit 'n verskeidenheid vars groente en vrugte, verskillende vleis produkte, en ander produkte soos vars brood, koffie heuning, eiers, kaas en meer. Die produkte en pryse verskil van week tot week afhangende van beskikbaarheid.

Hoe?
pexels-pixabay-326311.jpg

Stap 1:

Die produkte lys word vasgestel

Elke Dinsdag word die produkte en pryse vasgestel en gefinaliseer waarna jy, as jy op ons whatsapp lys is, 'n herinnering sal ontvang met 'n skakel na die aanlyn winkel.
Sluit aan by ons WhatsApp-kennisgewinggroep

Stap 2:

Voltooi jou bestelling

Jy bestel na hartelus volgens jou behoefte deur ons aanlyn winkel, waar jy ook jou besonderhede invul sodat ons met jou kan reël vir aflewering. Bestellings wat voor  Woensdae om 15:00 gemaak word, kan aflewering verwag tussen daardie Donderdag tot Vrydag. As jy later bestel kan jy steeds jou bestelling self kom afhaal of persoonlik met ons kontak daaroor.

Stap 3:

Maak jou betaling

Jy kan op 4 maniere betaal:

- met jou krediet kaart deurmiddel van die Yoco betaal opsie wanneer jy jou bestelling finaliseer.
- deur 'n direkte eft betaling
- kontant by aflewering
- met 'n debiet of krediet kaart by aflewering
(Ons aanvaar natuurlik ook Bitcoin, Ethereum en d-Ora)

Stap 4:

Ons reël met jou vir aflewering

Afleweringstye hang af van die area waar jy woon, maar sal tussen Donderdae en Vrydae afgehandel word en sal normaalweg weekliks op dieselfde dag gedoen word. Jy sal 'n boodskap van ons ontvang oor die tyd van aflewering.

Stap 5:

Gee asb jou terugvoer

Ons waardeer enige terugvoer wat jy vir ons wil gee. As jy tevrede is, sal ons dit graag wil weet. As daar iets in jou bestelling was waarmee jy nie tevrede was nie of as jou bestelling onvolledig was, sal ons dit ook graag wil weet sodat ons dit kan regstel.

Gee Terugvoer >

pexels-mark-stebnicki-2255924.jpg
Produkte

Ons Produkte

Vars van die Mark

Ons produkte bestaan uit 'n verskeidenheid vars groente en vrugte met 'n lang raklewe aangesien ons poog om dit so vars as moontlik te kry en ons die koue ketting respekteer. 

Verder sluit ons produkte van tyd tot tyd  ook 'n verskeidenheid vleisprodukte in: Verskillende lam-snitte, hoender, bees (wors, maalvleis en ander snitte), vark (tjops, spek, vark worsies, russians)

Laastens het ons 'n afdeling met ander produkte soos vars brood, kaas, eiers, koffie, heuning, grondboontjiebotter, vrugtelekkers en nog meer.

Aflewering
Aflewering

Ons lewer af in die ingekleurde area op die kaart hieronder.

Afleweringstye hang af van die area waar jy woon, maar sal tussen Woensdae en Vrydae afgehandel word en sal normaalweg weekliks op dieselfde dag gedoen word.

Na jy jou bestelling geplaas het sal jy 'n boodskap van ons ontvang oor die tyd van jou aflewering.

~ of ~
Oppik

Kom haal jou bestelling by Diamantvalei Landgoed op 'n Donderdag tussen 11:00 - 16:00

Kontak Ons

Sel: 083 709 2942

E-pos: varsgoed@gmail.com

Sluit aan by ons
WhatsApp-kennisgewinggroep

qrcode.png

Ons sal so gou moontlik na jou toe terug kom!

Kontak
bottom of page